Gewone troupant
Die Gewone troupant (Coracias caudatus) is 'n algemene standvoël in savanne. In Engels staan die voël bekend as die Lilac-breasted Roller.
Gewone troupant | |
---|---|
Roep van 'n voël in vlug | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. caudatus |
Binomiale naam | |
Coracias caudatus Linnaeus, 1766 | |
Identifikasie
Die voël is 29 cm lank en 37 cm met die middelstert ingesluit. Die volwasse voël het gepunte stertvere, die kroon, agternek en mantel is turkoois en die bors is ligpers. Die langstertvere val uit in die winter wanneer die voël verveer. Die jong voël is valer en het nie verlengde stertvere nie. Dit word onderskei van die Europese troupant deur dat die kop en snawel kleiner en die slagvere blou en nie swart is nie.
Die voël sit oop en bloot en dikwels op telefoondrade.
Fotogalery
- Gewone troupant in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.
- Gewone troupant in die Suid-Luangwa Nasionale Park, Zambië.
- Gewone troupant met 'n sprinkaan in Botswana.
- Gewone troupant in die Samburu Nasionale Reservaat, Kenia.
- Gewone troupant in die Suid-Luangwa Nasionale Park, Zambië.
- Gewone troupant in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika.
Sien ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gewone troupant.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Gewone troupant
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.