Gewone rivierpadda

Die gewone rivierpadda (Amietia angolensis) is 'n padda wat in die suidelike, oostelike en noordelike gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Dit is een van die min paddas wat in die wintermaande aktief is. Die padda is groen of bruin met donker kolle en vlekke en 6 – 8 cm lank. Die snoet is gepunt en die agterpote is lank en sterk. Hulle vreet meestal insekte. Hulle leef in strome, poele en tuindammetjies.

'n Gewone rivierpadda
Die een rus op 'n blaar

Gewone rivierpadda
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Pyxicephalidae
Genus:
Amietia
Spesie:
A. angolensis
Binomiale naam
Amietia angolensis
(Bocage, 1866)

Bron

  • Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 ISBN 978-1-4317-0248-0

Verwysings

  1. John Poynton, Alan Channing, Kim Howell, Malcolm Largen, Robert Drewes, Stefan Lötters (2004). Amietia angolensis. In: IUCN 2012. IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.2.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.