Gewigstoot

Gewigstoot is 'n velditem in atletiek wat die stoot (stoot eerder as gooi)[1] van 'n swaar sferiese ysterbal, sover as moontlik, deur 'n atleet behels. Die gewigstoot vir mans is al deel van die moderne Olimpiese spele sedert die herinstelling daarvan in 1896. Vroue se deelname het in 1948 begin.

'n Atleet voer 'n gewigstoot uit.

Die gewig wat gestoot word is 7,26 kg vir mans en 4 kg vir vroue swaar. Dit moet vanuit 'n sirkel met 'n deursnee van 2,135 m gestoot word.

Die Antieke Grieke het klippe gewerp as 'n sport, maar in hierdie vorm gaan dit eintlik terug op die vroeƫre weergawe van gewigstoot in die Skotse Hoogland-spele.[2]

Verwysings

  1. "Dictionary of the Scots Language:: SND :: Putt v n1".
  2. "IAAF". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.