Gewas (medies)
In die mediese vakterminologie verwys gewas of tumor ("tumeo" is die Latynse woord vir "opswel wees") of neoplasma na 'n oormatige plaaslike weefselgroei. Daar word onderskei tussen "goedaardige gewasse" en "kwaadaardige gewasse".
Goedaardige gewasse
Is gewasse waarvan die selle nie siek is nie en wat tot rustige, plaaslike groei beperk bly.
Kwaadaardige gewasse
Is gewasse waarvan die selle self ernstig siek is, wat meestal vinnig groei en ook in naburige weefsels deurwoeker. Hierdie gewasse veroorsaak ook dogtergewasse in ander dele van die menslike liggaam.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.