Getty Center
Die Getty Center in Los Angeles is 'n kampus wat opgerig is om die J. Paul Getty Museum en ander programme, wat deur die Getty Trust befonds en bestuur word, te huisves. Die sentrum, wat teen 'n koste van $1,3 miljard vanaf 1984 opgerig is en sy deure op 16 Desember 1997 vir die algemene publiek geopen het, staan bekend vir sy buitengewone moderne argitektoniese ontwerp, wat deur die befaamde argitek Richard Meier behartig is, sy tuine en die panoramiese uitsigte oor Los Angeles.
![](../I/Aerial_Getty_Museum.jpg.webp)
Danksy sy travertyn-fasade in skakerings van wit en sy ligging op 'n heuweltop word na die Getty Center dikwels verwys as Los Angeles se Akropolis
![](../I/Canaletto_Grand_Canal_from_Palazzo_Flangini_-_JPGM.jpg.webp)
Die Getty Center huisves kunsversamelings en manuskripte van onskatbare waarde: Canaletto se Uitsig oor die Canal Grande, Venesië, vanaf die Palazzo Flangini tot tot Campo San Marcuola in Cannaregio (omstreeks 1738)
![](../I/Centre_Getty_(9).JPG.webp)
Bou-, beeldhou- en tuinboukuns versmelt tot een geheel
![](../I/West_LA_from_the_Getty_Center%252C_2018-03-25.jpg.webp)
Die uitsig oor Los Angeles teen sononder
![](../I/L.A._Sky_Garden_(39036560811).jpg.webp)
Kaktustuin (South Museum Pavilion). Op dae met skoon lug strek die uitsig van hierdie daktuin tot die Stille Oseaan
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Getty Center.
- Argitektuur
- (en) Richard Meier & Partners Architects LLP - The Getty Center
- (en) Archute: The Getty Center: A textured, fossilized and patterned Travertine Stone Complex
- Luukse wonings wat deur die Getty Center geïnspireer is
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.