Gethyllis gregoriana
Gethyllis gregoriana is 'n meerjarige geofiet wat tot die koekemakranka-genus behoort en deel is van die fynbos en Sukkulente Karoo. Die spesie is endemies aan die Noord-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van Nieuwoudtville tot by die Biedouwvallei voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 4 000 km² en daar is dertien subpopulasies. Elke subpopulasie bestaan uit slegs enkele individuele plante, die plant word as seldsaam beskou.
Gethyllis gregoriana | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | Tracheobionta |
Divisie: | |
Klas: | Liliopsida |
Subklas: | Liliidae |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | Haemantheae |
Genus: | |
Spesie: | G. gregoriana |
Binomiale naam | |
Gethyllis gregoriana D.Müll.-Doblies, (1986) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.