Geslag
Baie organismes op aarde word verdeel in twee geslagte wat onderling kombineer vir voortplanting deur middel van geslagsomgang. Ook ongeslagtelike of aseksuele voortplanting kom voor.
Die vroulike geslag van ’n organisme word gedefinieer as die geslag met die grootste geslagselle. Skimmels en sommige ander organismes het meer as twee geslagte, maar plante kom ook in pare van twee geslagte voor. Sommige diere, soos sekere soorte akkedisse, kan ook aseksueel voortplant en sommige, soos erdwurms, is hermafrodiete (met eienskappe van albei geslagte).
In die mens word die vroulike geslag gevorm deur XX chromosome, en die manlike geslag deur XY chromosome.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.