Gesinchroniseerde swem
Gesinchroniseerde swem is 'n watersport wat vroeër ook "kunsswem" of "waterballet" genoem was. "Gesinchroniseer" beteken "tegelyk". Die sport word veral deur meisies beoefen. Dit kan vergelyk word met ballet wat in 'n swembad beoefen word. Dit is 'n sierlike, maar moeilike sport. Die spanlede moet nie net die vier swemstyle, (vryslag, vlinderslag, rugslag en bors- of skoolslag) onder die knie hê nie, maar ook 'n gevoel vir ritme hê.
![](../I/Synchronized_swimming_pictogram.svg.png.webp)
Piktogram wat Gesinchroniseerde swem aandui
![](../I/Natsynchro.JPG.webp)
'n Gesinchroniseerde swemitem word uitgevoer
![](../I/Synchronized_swimming_-_Russian_team.jpg.webp)
Die Russiese span wys hulle slag
Gesinchroniseerde swem is sedert 1984 'n item op die program van die Olimpiese Spele.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gesinchroniseerde swem.
- (en) Die Internasionale Swemfederasie (FINA) se webwerf
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.