Gerrie Snyman
Gerrie Snyman was 'n Suid-Afrikaanse musikant, komponis, kunstenaar en rolprentmaker.[1] Snyman het in die vroeë dertigerjare sy buiging in die musiekwêreld met sy orkes, Die Ses Hartbrekers gemaak. Sy eerste opnames was onder die vaandel van platemaatskappye soos His Master's Voice. As skilder het Snyman hom hoofsaaklik op landskappe toegelê. Van sy bekendste rolprente is My hart is in die Bosveld en Die Leeu van Punda Maria. Hy is in 1997, op 92-jarige ouderdom, na 'n kort siekbed in Springs oorlede.[2]
Gerrie Snyman | |
Geboortenaam | Gert Christoffel Snyman |
---|---|
Geboorte | 26 April 1906 Greymont, Johannesburg |
Sterfte | 1997 Springs |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Musikant, akteur, regisseur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Filmografie
As akteur:
- Die Skelm van die Limpopo, 1962
- Die Leeu van Punda Maria, 1954
- Die swart mamba
- My hart is in die Bosveld
As regisseur:
- Die Skelm van die Limpopo, 1962
- Die Leeu van Punda Maria, 1954
- Die swart mamba
- My hart is in die Bosveld
Verwysings
- Die Ses Hartbrekers Geargiveer 4 Februarie 2012 op Wayback Machine, besoek op 9 Julie 2013
- Het jy gehoor?, Beeld, 8 Augustus 1997
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.