Germania Schöneiche
Germania Schöneiche is 'n sokkerklub uit Schöneiche in die deelstaat Brandenburg in Duitsland.
Volledige naam | Sportverein Germania 1990 Schöneiche e.V. |
Stigtingsdatum | 1894 |
Tuisveld | Jahnstadion, Schöneiche |
Kapasiteit | 2 000 |
Kompetisie | Oberliga Noordoos-Noord |
Die klub het oorspronklik in 1894 ontstaan as MTV Germania Kleinschönbeck Schöneiche, 'n gimnastiekklub. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as SG Schöneiche en tipies aan die DDR is die naam hierna verskeie kere verander: BSG Lokomotive Schöneiche, BSG Motor Friedrichshagen, BSG Motor Ostend, BSG Empor Köpenick, TSG Schöneiche en uiteindelik BSG ZBE Landbau Schöneiche. Die huidige naam is na die hereniging van Duitsland aangeneem.
Die klub het sy grootste prestasie in 2004 gelewer deur die Brandenburgpokal te wen en daarmee vir die hoofrondte van die DFB-Pokal te kwalifiseer, waar daar in die eerste rondte met 1-2 teen TSV 1860 München verloor is.
Onlangse ligaposisionering
|
|
Eksterne skakels
- Klaarblyklik tans (status 30/6/07) geen amptelike klubblad nie.
Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen | |
Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC | |