Gerimpelde kaalneus
Die Gerimpelde kaalneus (Gymnocranius grandoculis) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Indiese Oseaan eilande en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooisee tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Bluelined barenose.
Gerimpelde kaalneus | |
---|---|
![]() | |
Gymnocranius grandoculis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Superfamilie: | |
Familie: | |
Genus: | Gymnocranius |
Spesie: | G. grandoculis |
Binomiale naam | |
Gymnocranius grandoculis | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
Die onvolwasse visse het 'n donker lyn onder die oog en 5 - 6 onreëlmatige strepe op die lyf. Die volwasse visse het golfvormige lyne op die snoet en wange. Die vis word tot 80 cm groot.
Habitat
Die volwasse visse leef in sanderige en slikagtige bodems in water wat 50 – 100 m diep is. Die onvolwasse visse leef in vlak water oor seegrasbeddings en sanderige en slikagtige bodems. Die vis vreet hoofsaaklik bodem skaaldiere en kleiner vis.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
- Veilig volgens IUBN.
- Klunzinger C. B., 1870. Synopsis der Fische des Rothen Meeres. I. Theil. Percoiden-Mugiloiden. Verh. K.-K. Zool.-Bot. Ges. Wien v. 20. 669-834.
- Cuvier, G. & Valenciennes, A., 1830. Historie naturelle des poissons. Tome Sixième. Livre sixième. Partie I. Des Sparoïdes; Partie II. Des Ménides. Historie naturelle des poissons. v. 6: i-xxiv + 6 pp. + 1-559, Pls. 141-169.
- Catalogue of Life[dooie skakel] (en)
Eksterne skakel
- Gymnocranius grandoculis by Fishbase.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.