Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult

Die Gereformeerde kerk Potchesftroom-Die Bult is die jongste en naasgrootste gemeente in die GKSA se Klassis Potchefstroom.

Die Teologiese Skool op die voorgrond en die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Die Bult op die agtergrond. Dit was jare lank die kerkgebou van die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Noord. Gerard Moerdijk het dié gebouekompleks ontwerp. Dis op 18 Oktober 1952 in gebruik geneem.
Gereformeerde kerk Potchefstroom - Die Bult
Denominasie Gereformeerde Kerk
Klassis Potchefstroom
Huidige predikant(e) 
  • Ds. Willem Steyn
  • Ds. Fanie Coetzee
Geskiedenis
Stigtingsdatum 2011
Eerste predikant Ds. Hendrik Stephanus Coetzee

Die gemeente het in 2011 ontstaan uit die samevoeging van die gemeentes Potchefstroom-Noord en Noordbrug nadat laasgenoemde se belydende lidmate afgeneem het tot 168 en die Noord-gemeente s’n tot 379. Die saamgestelde gemeente gebruik die kerkgebou van die Noord-gemeente, wat ’n eenheid vorm met die Teologiese Skool en die Administratiewe Buro. Dié kerkgebou is dekades lank vir die oggend- sowel as die aanddiens gebruik en in die jongste jare ook vir ’n "internasionale" (Engelse) diens laat soggens. Noordbrug se kerkgebou word deur 'n ander kerkverband gebruik.

Einde 2015 het die nuwe gemeente se belydende lidmate 638 getel, 91 meer as die samestellende dele vier jaar vantevore. Met die stigting van Potchefstroom-Die Bult het ds. H.S. Coetzee van die Noord-gemeente af oorgekom, maar dr. C.J. Smit, Noordbrug se laaste predikant, is op 9 April 2011 in die amp oorlede. In 2016 is Die Bult buiten ds. Coetzee ook deur ds. Willem Steyn bedien.

Fotobeeld van die kerk en perseel

Predikante

  1. Coetzee, Hendrik Stephanus, 2012 – hede (oorgekom vanaf Potchefstroom-Noord 2000 – 2011)
  2. Steyn, Willem Jacobus, 2012 – hede

Bronne

  • Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.