Gereformeerde kerk Kriel

Die Gereformeerde kerk Kriel is die tweede jongste van die 10 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Piet Retief. In 2015 was hier 68 belydende en 14 dooplidmate vir ’n sieletal van 82, vergeleke met die Klassis se gemiddelde van 183,1.

Gereformeerde Kerk
Kriel
Sluit in Kriel
Klassis Piet Retief
Huidige predikant(e) Vakant
In kombinasie met Nelspruit
Belydende lidmate 53
Dooplidmate 5
AdresH.v. Groenlaan en
Crystal Crescent
Kriel
Geskiedenis
Stigtingsdatum 20 Oktober 1977
Afgestig van Bethal
Eerste predikant D.C.P. Stoltz 1978–1982

Die Gereformeerde kerk Kriel het op 22 Oktober 1977 van die Gereformeerde kerk Bethal afgestig. Aanvanklik is die eredienste in die Evkom-klubsaal gehou. Die kerkraad moes Sondagoggend eers die drankbottels en blikke gaan uitvee en die stoele regsit voor kerk. Ds. Van Vuuren van Bethal het daar kerk gehou met 'n groot Castle Lager-reklamebord reg agter die preekstoel. Later is eredienste in die Laerskool Onverwacht se skoolsaal gehou, maar in 1982 is dit verskuif na die tweede Afrikaansmediumskool op die dorp Kriel, naamlik Krielpark. In Maart 1986 het die nuwe sy huidige kerkgebou ingewy.

Predikante

  1. Stoltz, Daniël Cias Petrus, 1979 – 1982
  2. Grobler, Charl Stephanus, 1983 – 1989
  3. Fourie, Matthys Petrus, 1989-1999
  4. Odendaal, Pieter Abraham, 2001 – 2005 (in kombinasie met Evander)
  5. Van Rooy, Petrus Cornelius, 2006 – 2008 (in kombinasie met Bethal)

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.