Gereformeerde kerk Carletonville

Die Gereformeerde kerk Carletonville is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die myndorp Carletonville, maar dit sluit ook onder meer Blinkpan, Blyvooruitzicht, Deelkraal, Doornfontein, Elandsrand, Oberholzer en Oos-Driefontein. Hoewel die gemeente eers in 1953 gestig is, is dit die naasoudste in die Klassis Wesrand. Die oudste, Krugersdorp, is in 1896 gestig as die eerste Gereformeerde kerk aan die Rand.

Gereformeerde Kerk
Carletonville
Sluit in Bank
Blinkpan
Blyvooruitzicht
Deelkraal
Doornfontein
Elandsrand
Oberholzer
Oos-Driefontein
Rysmierbult
Welverdiend
Denominasie Gereformeerd
Klassis Wesrand
Huidige predikant(e) Slabbert le Cornu
Belydende lidmate 59
Dooplidmate 13
AdresH.v. Pewter- en
Topazplek
Carletonville
Geskiedenis
Stigtingsdatum 16 Mei 1953
Afgestig van Buffeldoorns
Eerste predikant Fires Janse van Vuuren (1954–'64)
Die Gereformeerde kerk Carletonville. Ds. C.M.J. van Vuuren het die hoeksteen op 7 Mei 1955 gelê.

Stigting en kerkbou

Die vierdejaarstudente aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1951. Van links: Fires van Vuuren, Ben Lombard en Platbos du Plessis.
Die kerkgebou se hoeksteen.

Met sy stigting op 16 Mei 1953 in ’n asbesgebou wat as skoolsaaltjie gedien het, het die gemeente dadelik besef hoe dringend ’n kerkgebou nodig was. Dit was egter onduidelik hoe dit sou gebeur en waar die geld vandaan sou kom.

Die skoolsaal van die Laerskool Danie Theron, wat nie elektriese beligting gehad het nie, moes vir eers voldoen. Op een van die drie erwe wat Carletonville by die moedergemeente, Buffeldoorns, gekry het, is in 1954 ’n pastorie gebou wat solank die predikant kon huisves. Die eerste leraar, ds. C.M. Janse van Vuuren, is dan ook op 20 November 1954 bevestig. Die kerkraad wou ’n kerk op Carletonville laat oprig, maar die gemeente het verkies dat die gebou op Fochville gebou word.

Ds. Janse van Vuuren het die kerk op die hoek van Pewter- en Topazplek, Carletonville, se hoeksteen op 7 Mei 1955 gelê. Dit bied sitplek aan 350 kerkgangers en die argitek was Beyers Hartman. Die gebou is op 8 Oktober daardie jaar in gebruik geneem, maar die gemeente het besluit ’n kerksaal was ook nodig. Die vrouelidmate het dié ideaal deur hul harde werk help verwesenlik en duisende koeksisters vir geldinsameling gebak; op ’n keer is selfs 730 dosyn aangeteken. Hierdie saal is op 1 Oktober 1977, tydens ds. A.H. Mulder se tyd, in gebruik geneem.

Lidmaattal

In 1960 was hier 441 belydende en 372 dooplidmate, in 1997 was dit onderskeidelik 316 en 109, in 2014 102 en 22 en ’n jaar later net 83 en 19. Op die naburige Fochville het die Gereformeerde kerk Buffeldoorns, wat van 1949 tot 1958 bestaan het en weer van 1974 tot vandag, se lidmate het van onderskeidelik 258 en 107 in 1997 tot 183 en 38 in 2015 afgeneem.

Predikante

  1. Janse Van Vuuren, Cornelius Marthinus (Fires), 1954 – 1964
  2. De Bruyn, Frans Roelof Petrus, 1964 – 1974
  3. Mulder, Arnoldus Henderikus, 1974 – 1986
  4. Kruger, Izak Jacobus Vorster, 1986 – 2000
  5. Van der Merwe, dr. Rudolph Marthinus, 2000 – 2006
  6. Le Cornu, Slabbert, 2007 – hede

Bronne

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.