Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk

Die Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk (Georgies: საქართველოს სამოციქულო ავტოკეფალური მართლმადიდებელი ეკლესია, sak’art’velos samots’ik’ulo avtokep’aluri mart’lmadidebeli eklesia) is ’n outokefale Oosters-Ortodokse Kerk en is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk het die titel Sy Heiligheid en Saligheid Katolikos-patriarg van die Hele Georgië, die Aartsbiskop van Mtskheta-Tbilisi en Metropoliese Biskop van Abchasië en Pitsoenda.

Georgies-Ortodokse en Apostoliese Kerk
Die Glorie van Iwerië, ’n ikoon wat die stigting van die Georgies-Ortodokse Kerk voorstel. Iwerië is ’n ou naam vir Georgië wat dikwels in die Kerk gebruik word.
Die Glorie van Iwerië, ’n ikoon wat die stigting van die Georgies-Ortodokse Kerk voorstel. Iwerië is ’n ou naam vir Georgië wat dikwels in die Kerk gebruik word.
MoederkerkPatriargaat van Antiogië
Stigtingsjaar486
StigterNina van Georgië
StatusOutokefaal
Kerkleiding
HoofIlia II
Hoof se titelSy Heiligheid en Saligheid Katolikos-patriarg van die Hele Georgië, die Aartsbiskop van Mtskheta-Tbilisi en Metropoliese Biskop van Abchasië en Pitsoenda
SetelTbilisi, Georgië
Besonderhede
LiturgieBisantyns
Liturgiese taal  Georgies
KalenderJuliaans
Gelowiges3,5 miljoen
Bisdomme35
Webtuiste
http://www.patriarchate.ge

Georgiese Ortodoksie is sedert die 4de eeu die staatsgodsdiens van Georgië en dit is steeds die land se grootste godsdiensinstelling. Die grondwet erken die besonderse rol van die Kerk in die land se geskiedenis, maar bepaal dat die Kerk onafhanklik van die staat is.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.