George Herbert Farrar

Sir George Herbert Farrar (1859 - 1915) was 'n goudmagnaat en soldaat. Hy is in Cambridge, Engeland gebore. Hy kom saam met sy broer, Sydney, in Suid-Afrika aan. Hy speel 'n belangrike rol in die oopstelling van die oostelike goudvelde en in 1893 stig hy die East Rand Proprietary Mines, een van die grootstes ter wêreld. Hy was 'n ondersteuner van die Reform Commitee en is as een van die belhamels van die Jameson-inval wat regter Reinhold Gregorowski ter dood veroordeel. Sy vonnis word versag en word met £25 000 beboet. Hy onderskei hom in die Tweede Vryheidsoorlog en word later voorsitter van die Kamer van Mynwese. Hy speel 'n belangrike rol in die politiek onder die Kroonkoloniebewind. Hy sterf in 'n treinongeluk terwyl hy op krygsdiens was in Suidwes-Afrika.

Sir George Herbert Farrar se graf in Bedfordview
Sir George Herbert Farrar

Farrar is in Bedfordview, oos van Johannesburg, begrawe.[1]

Trivia

Die voorstad Farrarmere, Benoni is na genoem.

Bron

Verwysings

  1. "Sir George Farrar - a Boksburg pioneer Randlord" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2016. Besoek op 23 April 2016.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.