George Eliot
Mary Anne Evans (* 22 November 1819, † 22 Desember 1880; alternatiewe spellings van haar voornaam soos "Mary Ann" of "Marian" kom voor), algemeen bekend onder haar (manlike) skuilnaam George Eliot, was 'n Engelse skryfster, joernalis en vertaler. Sy word as een van die voorste skryfsters van die Victoriaanse tydperk beskou.
George Eliot
Engelse skrywer, joernalis en vertaler
Gebore
as Mary Anne Evans
22 November 1819
op South Farm, Arbury Hall, Nuneaton,
Warwickshire, Engeland
Oorlede
22 Desember 1880
in 4 Cheyne Walk, Chelsea, Londen
Engeland
Literêre stroming
Victoriaanse literatuur
Bekende werke
The Mill on the Floss (1860)
Silas Marner (1861)
Middlemarch (1871-72)
Daniel Deronda (1876)
Eggenoot
John Cross (1880)
Lewensmaat
George Henry Lewes (1854-78)
Die meeste van Eliot se sewe romans, waaronder Adam Bede (1839), The Mill on the Floss (1860), Silas Marner (1861), Middlemarch (1871-72) en Daniel Deronda (1876) speel in landelike gebiede van Engeland af, en staan bekend vir hulle realisme en sielkundige insig. Sy het 'n manlike skuilnaam gebruik om, soos sy dit verduidelik het, seker te maak dat haar werke ernstig geneem word. Alhoewel die werke van vroulike outeurs in die Victoriaanse tydperk onder hul eie name gepubliseer is, het sy sodoende die stereotipe opvatting dat vroue slegs in staat sou wees om lighartige romanse te skryf probeer vermy. 'n Ander rede vir haar manlike skuilnaam was moontlik die wens om haar privaatlewe te beskerm en enige skandaal rondom haar liefdesverhouding met die getroude George Henry Lewes, met wie sy meer as twintig jaar saamgeleef het, te vermy.
Martin Amis en Julian Barnes het haar werk Middlemarch as die grootste roman in die Engelse literatuur beskryf. In elk geval word dié roman, saam met The Mill on the Floss, as 'n klassieke Engelse meesterwerk beskou.
Eksterne skakels
- Wikiquote het aanhalings deur George Eliot.