Gemini 10
Gemini 10 (amptelik Gemini X)[1] was die agste bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program in 1966. Dit was ook die sestiende bemande Amerikaanse ruimtevlug en die 24ste ruimtevlug van alle tye, insluitend die twee vlugte van X-15. Die bemanning was John W. Young en Michael Collins. Collins het die eerste persoon geword om twee ruimtewandelings op een sending uit te voer.
Bemanning
Posisie | Ruimteman | |
---|---|---|
Bevelvoerder | John W. Young Tweede ruimtevlug | |
Vlieƫnier | Michael Collins Eerste ruimtevlug |
Verwysings
- Hacker, Barton C.; Grimwood, James M. (September 1974). "Chapter 11 Pillars of Confidence". On the Shoulders of Titans: A History of Project Gemini. NASA History Series. Vol. SP-4203. NASA. p. 239. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2010. Besoek op 14 Junie 2022. Vanaf Gemini IV, het NASA Romeinse syfers begin gebruik om die Gemini sending name aan te dui.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.