Gelasium

Die Gelasium is die eerste chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die huidige sisteem en periode, die Kwartêr (serie/epog Pleistoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Kwartêr Holoseen 0–0,0117
Pleistoseen Tarantium 0,0117–0,126
Ionium 0,126–0,781
Kalabrium 0,781–1,806
Gelasium 1,806–2,588
Neogeen Plioseen Piasensium ouer
Die verdeling van die Kwartêr (IKS).

Die tydperk was van sowat 2,588 tot 1,806 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die laaste etage/tydsnede van die Neogeen, die Piasensium, en gevolg deur die Kalabrium.

Definisie

Aan die begin van dié tydperk het die eerste yskappe by die pole ontstaan, wat ook verder oor die aarde versprei het. In min of meer dié tyd het die seewater ook afgekoel, waarmee die ystydperk begin het wat vandag nog voortduur.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton-soorte Discoaster pentaradiatus en Discoaster surculus, asook die omkering van die aarde se magneetveld; die bokant word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nannoplankton Discoaster brouweri en die Foraminifera Globigerinoides extremus, en die eerste voorkoms van Gephyrocapsa spp.

Verwysings

  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne

  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.