Gekonfedereerde State van Amerika
Die Gekonfedereerde State van Amerika (Engels: Confederate States of America (CSA of C.S.)) was 'n konfederasie van deelstate wat in 1860 en 1861 eensydige onafhanklikheid van die Verenigde State van Amerika (VSA) verklaar het. Die konfederasie, wat tussen 1861 en 1865 bestaan het, is oorspronklik deur sewe sogenaamde Slawestate in die Laer Suide van die VSA gevorm wat deur 'n agrariese ekonomie met katoen as een van die vernaamste uitvoerprodukte en 'n uitgebreide plantasiestelsel met swart slawearbeiders gekenmerk is.
| |||||
| |||||
Leuse: Deo Vindice (Latyns vir: "Onder God, ons verdediger") | |||||
Volkslied: Geen amptelike God Save the South (nie-amptelik) The Bonnie Blue Flag (gewild) Dixie (tradisioneel) | |||||
Hoofstad | Montgomery, Alabama (4 Februarie 1861–29 Mei 1861) Richmond, Virginië (29 Mei 1861–9 April 1865) | ||||
Taal/Tale | Engels (de facto) | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | |||||
- 1861–1865 | Jefferson Davis | ||||
Adjunkpresident | |||||
- 1861–1865 | Alexander Stephens | ||||
Wetgewer | Kongres | ||||
Historiese tydperk | Amerikaanse Burgeroorlog | ||||
- Suid-Carolina verlaat die VSA | 20 Desember 1860 | ||||
- Konfederasie gevorm | 4 Februarie 1861 | ||||
- Sesessie | 4 Februarie 1861 | ||||
- Grondwet goedgekeur | 11 Maart 1861 | ||||
- Slag van Fort Sumter | 12 April 1861 | ||||
- Beleg van Vicksburg | 18 Mei 1863 | ||||
- Amerikaanse anneksasie van die Gekonfedereerde State | 9 April 1865 | ||||
- Vrylating van alle slawe | 18 Desember 1865 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 1860 | 1 995 392 km2 770 425 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 1860 skatting | 9 103 332 | ||||
Digtheid | 4,6 /km² 11,8 /sq mi | ||||
Geldeenheid | CSA-dollar |
Elkeen van die konfederasie se lidstate het sy onafhanklikheid ná die verkiesing van die Republikeinse presidentskapskandidaat Abraham Lincoln in November 1860 verklaar wat hom in sy verkiesingsveldtog teen die verdere uitbreiding van die slawernystelsel uitgespreek het. Nog voordat Lincoln in Maart 1861 die ampseed afgelê het, het die Slawestate in Februarie van dié jaar hul eie Gekonfedereerde regering geproklameer wat deur die VSA-regering as onwettig beskou is.
Die politieke geskille het in April geëskaleer tot 'n gewapende konflik wat later as die Amerikaanse Burgeroorlog bekend sou staan, terwyl vier verdere Slawestate in die Hoër Suide (Upper South) hul eensydige onafhanklikheid verklaar en by die Gekonfedereerde State aangesluit het. Die Konfederasie het met Missouri en Kentucky later ook twee deelstate as lede erken wat hulle nòg onafhanklik verklaar het van die VSA nòg op enige tydstip van die konflik merendeels deur Gekonfedereerde magte beheer is. In dié twee state het Gekonfedereerde skaduregerings pogings aangewend om die bewind oor te neem, maar is later in ballingskap gestuur.
Geeneen van die politieke besware, wat deur die Gekonfedereerde State as redes vir hul eis op selfbeskikking en sesessie aangevoer is, is deur die Amerikaanse regering (die Unie) erken nie. Terwyl ook geen buitelandse moondheid diplomatieke erkenning aan die Konfederasie gegee het nie, was die Verenigde Koninkryk en Frankryk nogtans bereid om aan die Gekonfedereerde State die status van oorlogsparty ooreenkomstig internasionale reg toe te ken.
Die Amerikaanse Burgeroorlog het op 12 April 1865 met 'n Gekonfedereerde aanval op Fort Sumter begin, 'n militêre vesting van die Unie wat in die hawe van Charleston in Suid-Carolina geleë was. Ná vier jaar se hewige gevegte, wat hoofsaaklik op Gekonfedereerde gebied gevoer is, het alle Gekonfedereerde magte in die lente van 1865 oorgegee en is die Konfederasie ontbind.
Geen formele einde is aan die konflik gebring nie, terwyl feitlik alle Gekonfedereerde magte hulle tot laat in 1865 oorgegee het of ontbind is. Die Gekonfedereerde president Jefferson Davis het later opgemerk dat die Konfederasie in 1865 "verdwyn" het.
Vlae
- Eerste nasionale vlag met nege sterre
"Stars and Bars"
(21 Mei 1861 – 2 Julie 1861) - Eerste nasionale vlag met elf sterre
"Stars and Bars"
(2 Julie 1861 – 28 November 1861) - Eerste vlootvaandel
1861–1863 - Tweede vlootvaandel
1863–1865 - Eerste vlootvaandel, 1861–1863
- Tweede vlootvaandel, 1863–1865
- Oorlogsvlag
"Southern Cross" - "Bonnie Blue Flag"
Nie-amptelike Suid-vlag - Gekonfedereerde vlag
in sommige weermagseenhede
Deelstate en vlae
Deelstaat | en Konfederale staatsvlae |
van Afskeiding |
tot Konfederasie |
onder Unie-beheer |
tot verteenwoordiging in VS-Kongres |
---|---|---|---|---|---|
Suid-Carolina | 20 Desember 1860 | 4 Februarie 1861 | |||
Mississippi | 9 Januarie 1861 | 4 Februarie 1861 | |||
Florida | 10 Januarie 1861 | 4 Februarie 1861 | |||
Alabama | 11 Januarie 1861 | 4 Februarie 1861 | |||
Georgia | 19 Januarie 1861 | 4 Februarie 1861 | 2de datum 15 Julie 1870 | ||
Louisiana | 26 Januarie 1861 | 4 Februarie 1861 | |||
Texas | 1 Februarie 1861 | 2 Maart 1861 | |||
Virginië | 17 April 1861 | 7 Mei 1861 | Wes-Virginië: 1862 |
Wes-Virginië: 20 Junie 1863 | |
Arkansas | 6 Mei 1861 | 18 Mei 1861 | |||
Noord-Carolina | 20 Mei 1861 | 21 Mei 1861 | |||
Tennessee | 8 Junie 1861 | 2 Julie 1861 | |||
Missouri | 31 Oktober 1861 | 28 November 1861 | die VS-Kongres gebly | ||
Kentucky | 20 November 1861 | 10 Desember 1861 | die VS-Kongres gebly |
Regering
Pos | Naam | Regeer |
---|---|---|
President | Jefferson Davis | 25 Feb 1861–10 Mei 1865 |
Adjunkpresident | Alexander Stephens | 25 Feb 1861–11 Mei 1865 |
Minister van Buitelandse sake | Robert Augustus Toombs | 25 Feb 1861–25 Jul 1861 |
Robert Mercer Taliaferro Hunter | 25 Jul 1861–22 Feb 1862 | |
William Montague Browne | 7 Mar 1862–18 Mar 1862 | |
Judah Philip Benjamin | 18 Mar 1862–Mei 1865 | |
Minister van die Tesourie | Christopher Gustavus Memminger | 25 Feb 1861–15 Jun 1864 |
George Alfred Trenholm | 18 Jul 1864–27 Apr 1865 | |
John Henninger Reagan | 27 Apr 1865–10 Mei 1865 | |
Oorlogsekretaris | Leroy Pope Walker | 24 Feb 1861–16 Sep 1861 |
Judah Philip Benjamin | 17 Sep 1861–24 Mar 1862 | |
George Wythe Randolph | 24 Mar 1862–15 Nov 1862 | |
Gustavus Woodson Smith | 17 Nov 1862–20 Nov 1862 | |
James Alexander Seddon | 21 Nov 1862–5 Feb 1865 | |
John Cabell Breckinridge | 6 Feb 1865–Mei 1865 | |
Vlootsekretaris | Stephen Russell Mallory sr. | 4 Mar 1865–20 Mei 1865 |
Posmeester-generaal | John Henninger Reagan | 6 Mar 1861–10 Mei 1865 |
Prokureur-generaal | Judah Philip Benjamin | 25 Feb 1861–17 Sep 1861 |
Wade Keyes | 17 Sep 1861–21 Nov 1861 | |
Thomas Bragg | 21 Nov 1861–18 Mar 1862 | |
Thomas Hill Watts | 18 Mar 1862–1 Okt 1863 | |
Wade Keyes | 1 Okt 1863–4 Jan 1864 | |
George Davis | 4 Jan 1864–24 Apr 1865 |
Verwysings
- (en) Coulter, Ellis Merton. The Confederate States of America, 1861–1865, besoek op 13 Junie 2012.
- "Confederate States of America government" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2020. Besoek op 5 Oktober 2014.
- (en) Sansing, David. Brief History of the Confederate Flags Geargiveer 24 Februarie 2021 op Wayback Machine at "Mississippi History Now" online Mississippi Historical Society. Second National Flag, "the stainless banner" references, Devereaux D. Cannon, Jr., The Flags of the Confederacy, An Illustrated History (St. Lukes Press, 1988), 22–24. Section Heading "Second and Third National Flags". Besoek op 4 Desember 2012.
- (en) Sansing, David, Brief History of the Confederate Flags Geargiveer 24 Februarie 2021 op Wayback Machine at "Mississippi History Now" online Mississippi Historical Society. Third National Flag, "the bloodstained banner" references 19. Southern Historical Society Papers (cited hereafter as SHSP, volume number, date for the first entry, and page number), 24, 118. Section Heading "Second and Third National Flags". Besoek op 4 Oktober 2012.
Bronne
- (en) Richard N. Current: Encyclopedia of the Confederacy. 4 Bde., New York 1993. ISBN 0-02-864920-6.
- (en) William C. Davis: Look Away!: A History of the Confederate States of America. New York 2002.
- (en) William C. Davis: An Honorable Defeat: The Last Days of the Confederate Government. Orlando 2001. ISBN 0-15-100564-8.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Confederate States. |