Geissorhiza tulbaghensis
Geissorhiza tulbaghensis is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Porterville tot by Wellington voor en het 'n voorkomsgebied van 291 kmĀ². Daar is sewe klein, gefragmenteerde subpopulasies, die meeste op padskouers. Die plant het die grootste gedeelte van sy habitat afgestaan aan koringlande en wingerde. Die oorblywende plant word bedreig deur verdere gewasverbouing, insekdoders en indringer grasse.
Geissorhiza tulbaghensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Crocoideae |
Tribus: | Croceae |
Genus: | |
Spesie: | G. tulbaghensis |
Binomiale naam | |
Geissorhiza tulbaghensis F.Bolus, (1918) | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.