Geissorhiza radians

Geissorhiza radians is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Malmesbury tot by Klapmuts voor. Die plant het 80% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en ontwikkeling. Daar is slegs nege, klein, gefragmenteerde subpopulasies oor, meestal in die Darling omgewing. Die oorblywende plante word bedreig deur insek en onkruiddoders asook oorbeweiding.

Kelkiewyn
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Monocots
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Crocoideae
Tribus:
Croceae
Genus:
Spesie:
G. radians
Binomiale naam
Geissorhiza radians
(Thunb.) Goldblatt, (1983)
Sinonieme
  • Geissorhiza cyanea Eckl.
  • Geissorhiza rocheana Sweet
  • Geissorhiza tulipifera Klatt
  • Ixia azurea Banks ex Ker-Gawl.
  • Ixia radians Thunb.

Galery

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.