Geissorhiza fourcadei
Geissorhiza fourcadei is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Geissorhiza behoort en deel is van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Dit kom van die Outenikwaberge tot by Wit Els in die Tsitsikammaberge voor en in die binneland in die Kammanassieberge. Die plant groei by stroompies, oewers van strome en in moerasagtige grond en het geen bedreigings nie.
Geissorhiza fourcadei | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | Monocots |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Crocoideae |
Tribus: | Croceae |
Genus: | |
Spesie: | G. fourcadei |
Binomiale naam | |
Geissorhiza fourcadei (L.Bolus) G.J.Lewis, (1941) | |
Sinonieme | |
|
Die plant is vernoem na die Suid-Afrikaanse plantkundige: Henri Georges Fourcade.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.