Geelvin-keiser

Die Geelvin-keiser (Lethrinus crocineus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, Sri Lanka, Seychelle-eilande, Comore-eilande, Madagaskar, Mauritius, Rodrigues en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by St. Lucia. In Engels staan die vis bekend as die Yellowfin emperor.

Geelvin-keiser
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Genus:
Lethrinus

Spesie:
L. crocineus
Binomiale naam
Lethrinus crocineus

Voorkoms

Die vis se lyf is gelerig en die meeste skubbe het 'n swart kol op terwyl die kop bruin is. Al die vinne is ook gelerig. Die dorsale vin kan 'n rooierige rant hê en die mond is rooi binne. Party visse kan dowwe swart strepe op hê. Die vis word tot 60 cm groot en 9 kg swaar.

Habitat

Die vis leef in riwwe en aangrensende sanderige areas in water wat tot 150 m diep is.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Verwysings

  1. Veilig volgens IUBN-rooilys
  2. Cuvier G., 1829. Le Règne Animal, distribué d'après son organisation, pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Edition 2. Règne Animal (ed. 2) v. 2. i-xv + 1-406.
  3. Smith, J. L. B., 1959. Fishes of the family Lethrinidae from the western Indian Ocean. Ichthyological Bulletin of the J. L. B. Smith Institute of Ichthyology Núm. 17: 285-295, Pls. 20-25.

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.