Geelstert-piesang
Die Geelstert-piesang (Paracaesio xanthura) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by Margate. In Engels staan die vis bekend as die Yellowtail blue snapper.
Geelstert-piesang | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | Paracaesio |
Spesie: | P. xanthura |
Binomiale naam | |
Paracaesio xanthura | |
Sinonieme | |
Voorkoms
Die vis het twee kleur skemas: gewoonlik is die vis eenvormig donker groen-bruin en met die ander skema is die vis se kop en lyf helder blou met 'n geel streep bolangs oor die lyf vanaf die dorsalevin tot en met die stertvin. Daar is onsekerheid wat die kleurverandering beteken of veroorsaak. Die stertvin is gevurk. Die vis word 45 cm groot. Groot volwasse visse het voor in die onderste kaak twee uitstaande tande.
Habitat
Die vis leef in skole in koraal- en rotsriwwe en vreet hoofsaaklik soöplankton. Dit is ook 'n lekker eetvis.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Paracaesio xanthura. |
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
- Bleeker P., 1875. Poissons de Madagascar et de l'Ile la Réunion des collections de MM. Pollen et Van Dam. A Recherches sur la faune de Madagascar et de ses dépendances d'après les découvertes de François P. L. Pollen et D. C. van Dam. Leide. Poiss. Madagascar Part 4. 1-104 + 2 p. index.
- BioLib (en)
- Catalogue of Life[dooie skakel] (en)
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.