Geelbekpaling

Die Geelbekpaling (Anguilla mossambica) is 'n varswatervis wat voorkom in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia suidwaarts tot by Kaap Agulhas. In Engels staan die vis bekend as die Longfin eel.

Geelbekpaling
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Anguilloidei
Familie:
Genus:
(Schrank, 1798)[1]
Spesie:
A. mossambica
Binomiale naam
Anguilla mossambica
(Peters, 1852)[2]
Sinonieme
  • Anguilla capensis (Kaup, 1860)
  • Anguilla delalandi (Kaup, 1856)
  • Anguilla delalandii (Kaup, 1856)
  • Muraena mossambica (Peters, 1852)[3]

Voorkoms

Die kop en lyf is lank en die vel is dik en glad met versonke, klein skubbe. Die dorsale, anale en stertvin is aanmekaar en vorm een vin. Die dorsale vin se oorsprong is voor dié van die anale vin. Die paling het 'n groot mond, klein tandjies en dik lippe. Die kieue is klein en is nét voor die pektorale vinne. Die vis is olyfbruin of grys van kleur (ligter aan die onderkant) en word tot 1,2 m lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 5,73 kg.

Sien ook

Bron

  • A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1

Verwysings

  1. Schrank, F. von P., 1798. Fauna Boica. Durchgedachte Geschichte der in Baieren einheimischen und zahmen Thiere. Nürnberg. Fauna Boica v. 1: i-xii + 1-720.
  2. Peters, W. (C. H.), 1852. Diagnosen von neuen Flussfischen aus Mossambique. Monatsb. Akad. Wiss. Berlin 1852: 275-276, 681-685.
  3. Catalogue of Life[dooie skakel] (en)

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.