Gay Pride

Gay Pride, LGBT Pride of net pride[1] is die positiewe standpunt teen diskriminasie en geweld van lesbiese, gay, biseksuele en transgender mense (LGBT) om hul waardigheid en gelyke regte te bevorder, hul sigbaarheid as ’n sosiale groep te verhoog, hul gemeenskap te versterk en seksuele diversiteit en genderverskeidenheid te vier. Pride, of trots, as teenpool vir skaamte en sosiale stigma, is die oorheersende beskouing wat die meeste LGBT-regtebewegings dwarsoor die wêreld ten doel het. Die woord "Pride" word gebruik in LGBT-organisasies, -stigtings, -tydskrifte, -boektitels en selfs ’n TV-stasie en die Pride Library in Ontario, VSA.

Die reënboogvlag.

Pride-gebeure wissel van ernstig tot feestelik en word gewoonlik gehou in die LGBT Pride-maand, wat die Stonewall-onluste gedenk, of enige ander belangrike tyd in ’n land se LGBT-geskiedenis, soos die Moskouse Pride in Mei om Rusland se dekriminalisering van homoseksualiteit in 1993 te vier. Sommige vierings sluit parades, optogte, gemeenskapsdae en groot feeste in wat weke kan duur.

Algemene Pride-simbole is die reënboogvlag, die Griekse letter lambda (λ), die pienk driehoek en swart driehoek. Laasgenoemde twee is ’n heraanwending van die skande-lapelwapens van Nazi-konsentrasiekampe.[2]

Verwysings

  1. "Pride" in Woordeboek van Afrikaans Vandag by Afrikaans Vandag. Besoek op 9 November 2023.
  2. "Symbols of the Gay, Lesbian, Bisexual, and Transgender Movements". Lambda. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2019. Besoek op 30 Julie 2007.

Sien ook

  1. Gay Pride-vlag van Suid-Afrika

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.