Gay
'n Gay is 'n homoseksuele persoon, veral 'n man. Gay is deel van die LGBT-gemeenskap en verwys na 'n seksuele oriëntasie. 'n Gay persoon se regte word deur die Grondwet van Suid-Afrika beskerm.
![](../I/Gay_Pride_Flag.svg.png.webp)
Die "Gay Pride"-vlag
![](../I/Marcha-buenos-aires-gay2.jpg.webp)
Gay gemeenskap in Argentinië
Die term "gay" verwys ook na die kultuur van homoseksuele mans sowel as vroue, of na iets wat deur die meeste mense as kenmerkend homoseksueel beskou word, byvoorbeeld "gay musiek", "gay kleredrag" of "gay maniere". Hoewel die woord na mans sowel as vroue kan verwys, kan onderskeid tussen die twee geslagte getref word deur die gebruik van die terme "lesbiër" vir 'n vrou en "gay" vir 'n man.
Sien ook
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gay.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.