Gambië
Gambië (Engels: The Gambia), amptelik die Republiek Gambië (Republic of The Gambia), is 'n land in Wes-Afrika wat heeltemal omring word deur Senegal, behalwe vir die monding van die Gambiërivier na die Noord-Atlantiese Oseaan.
| |||||
Nasionale leuse: Progress, Peace, Prosperity (Engels vir: "Vooruitgang, Vrede, Voorspoed") | |||||
Volkslied: For The Gambia Our Homeland (Engels vir: "Vir Gambië Ons Vaderland") | |||||
Hoofstad | Banjul | ||||
Grootste stad | Serrekunda | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Presidensiële republiek Adama Barrow Halifa Sallah | ||||
Onafhanklikheid | 18 Februarie 1965 24 April 1970 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
10 689 km2 (164ste) 4 127 myl2 11,5 | ||||
Bevolking - 2013-sensus - Digtheid |
1 882 450 176,1 / km2 (74ste) 456,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2016-skatting | ||||
MOI (2013) | 0,441[2] (172ste) – laag | ||||
Gini (1998) | 50,2 – hoog | ||||
Geldeenheid | Dalasi (GMD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .gm | ||||
Skakelkode | +220 |
Gambië is 'n voormalige Britse kolonie en het sy onafhanklikheid verkry in 1965. Die hoofstad is Banjul (voorheen Bathurst) en die grootste nedersetting is Serrekunda. In 2013 het die land 'n bevolking van 1 882 450 gehad. Islam is die oorheersende geloof, gevolg deur ongeveer 90 persent van die land se bevolking. Gambië is met 'n oppervlakte van 10 689 km² die kleinste land op die vasteland van Afrika.
Gambië is een van net twee lande waarvan die algemene Engelse naam met 'n lidwoord begin, die ander is die Bahamas (The Bahamas).[3]
Magswisseling
President Yahya Jammeh het op 21 Januarie 2017, nadat hy 22 jaar lank die mag oor die land uitgeoefen het, die land verlaat om in Ekwatoriaal-Guinee in ballingskap te gaan.
Die nuwe president Barrow het hom in die verkiesings van Desember 2016 verslaan, maar Yahya het aanvanklik geweier om die mag oor te dra. Die ECOWAS-lande het egter die land binnegeval en Yahya het besluit om te vertrek.[4]
Sport
In krieket het Gambië in die verlede saam met Ghana, Nigerië en Sierra Leone spelers vir die Wes-Afrikaanse krieketspan beskikbaar gestel. Sedert 2002 word die land deur sy eie nasionale span verteenwoordig, maar kon nog nie vir 'n internasionale kriekettoernooi kwalifiseer nie.
Verwysings
- (en) "The Gambia". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 22 Januarie 2017.
- (en) "2014 Human Development Report Summary" (PDF). United Nations Development Programme. 2014. pp. 21–25. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 1 November 2019. Besoek op 22 Januarie 2017.
- (en) Geoghegan, Tom (7 Junie 2012). "Ukraine or the Ukraine: Why do some country names have 'the'?". BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 22 Januarie 2017.
- (en) "Ex-President Yahya Jammeh leaves The Gambia after losing election". BBC. 22 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019. Besoek op 22 Januarie 2017.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Gambia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 April 2023.
- (en) "The Gambia". Central Intelligence Agency. Besoek op 15 April 2023.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gambië.
- (en) Toerisme-inligting oor Gambia op Wikivoyage