Gadolinium

Gadolinium is 'n chemiese element met simbool Gd wat tot die lantaniede behoort.

64 europium gadolinium terbium
-

Gd

Cm
Algemeen
Naam, simbool, getal gadolinium, Gd, 64
Chemiese reekslantaniede
Groep, periode, blok 3, 6, f
Voorkomssilwerwit metaal
Atoommassa157,25(3) (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f75d16s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 25, 9, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)7,90 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p.7,4 g/cm³
Smeltpunt1585 K
(1312 °C)
Kookpunt3273 K
(3000 °C)
Smeltingswarmte10,05 kJ/mol
Verdampingswarmte301,3 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 37,03 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K1 8362 0282 2672 5732 9763 535
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurseskantig-diggepak
RuimtegroepP6/mmc  nommer: 194
Strukturbericht-kodeA3
Oksidasietoestande1, 2, 3,
(matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit1,20 (Skaal van Pauling)

Dit is 'n silwergrys ferromagnetiese metaal. Die Switserse chemikus Jean Charles Galissard de Marignac het in 1880 die element spektroskopies in die minerale didymia en gadoliniet aangetoon. Vandag word dit veral uit die minerale monasiet en bastnäsiet verkry.[1]

Galissard de Marignac het die element na Johan Gadolin genoem. Dit is 'n reaktiewe metaal wat met suurstof en water reageer en daarvoor behoed moet word. Die metaal word deur reduksie van die fluoried GdF3 met die metaal kalsium verkry.

Dit het in die verlede in televisieskerms toepassing gevind. Vandag word dit aan legerings met yster en chroom bygevoeg wat die bewerkbaarheid en die weerstand teen hoë temperature verbeter. Dit word ook gebruik in die geneeskunde in magnetiese resonansiebeelding (MRI). Dit het geen bekende biologiese rol nie en besit 'n lae giftigheid.[2]

In oplossings en vastestowwe kom gadolinium in die oksidasietoestand 3+ voor. Die Gd3+-ioon het 'n [Xe]4f7 elektronkonfigurasie besit. Dit het 'n baie groot totale spinkwantumgetal S=7/2 wat 'n oktettoestand verteenwoordig. Dit maak dit geskik vir MRI omrede hierdie paramagnetiese ioon die spinrelaksasietyd verkort. Die metaal is ferromagneties met 'n Curietemperatur wat naby kamertemperatuur geleë is (293K).[3]

Verwysings

Eksterne skakels

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.