Gaboenadder
Die gaboenadder (Bitis gabonica) of koningspofadder[2] is 'n slang wat in die noordoostelike kusgebied van KwaZulu-Natal voorkom.
Gaboenadder | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Viperinae |
Genus: | Bitis |
Spesie: | B. gabonica |
Binomiale naam | |
Bitis gabonica (Duméril, Bibron & Duméril, 1854) | |
Sinonieme | |
Voorkoms
Die slang is bruin, pienk of perserig van kleur met geometriese patrone op die lyf wat kleurryker is as dié van die pofadder. Die kop is driehoekig en die slang word 0.9 – 1.8 m lank.
Gif
Die gif is sitotoksies d.w.s. weefselvernietigend. Die slang spuit meer gif in sy slagoffer as die pofadder. Mediese behandeling is onmiddellik nodig anders sterf die slagoffer. 'n Teengif is beskikbaar.
Sien ook
Bron
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
Verwysings
- McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, vol. 1. Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume).
- "Koningspofadder". Ensiklopedie van die Wêreld (Deel 6). Ed. Albertyn, C.F.. Stellenbosch: C.F. Albertyn.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.