Fyntand-skreeubaber
Die Fyntand-skreeubaber (Synodontis vanderwaali) is 'n varswatervis wat in die boonste gedeeltes van die Zambezi-, Kunene- en Okavangoriviere voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Finetooth squeaker.
Fyntand-skreeubaber | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. vanderwaali |
Binomiale naam | |
Synodontis vanderwaali | |
Voorkoms
Die vis het 'n lang dorsale vin en die stertvin is diep gevurk. Die vis is bruin tot olyfbruin met kolle of strepies op wat soos 'n doolhof lyk. Die vis word tot 156 mm lank.
Sien ook
Verwysings
- uBio (en)
- Cuvier G. 1816. Le Règne Animal distribué d'après son organisation pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Les reptiles, les poissons, les mollusques et les annélides. Edition 1. Règne Animal (ed. 1) v. 2. i-xviii + 1-532.
- BioLib (en)
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.