Fynnland

Fynnland is 'n woonbuurt van Durban. Hierdie gegoede voorstad in die suidooste van Durban en aan die westekant van die Bluff het 'n uitsig oor die baai en hawe. Dit is 16 km van die middestad geleë.

Fynnland
Voorstad
Fynnland is in KwaZulu-Natal
Fynnland
Fynnland
 Fynnland se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 29°53′39.1″S 31°01′56.8″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
MunisipaliteiteThekwini
Oppervlak
  Totaal1,81 km2 (0,70 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal6 190
  Digtheid3 420/km2 (8 900/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense48.29%
  Indiërs/Asiërs10.58%
  Bruin mense12.84%
  Swart mense27.56%
  Ander0.73%
Taal (2011)
  Engels60.79%
  Afrikaans19.34%
  Zoeloe11.72%
  Xhosa3.65%
  Ander4.5%

Dit dra die naam van Henry Francis Fynn (* Londen, Engeland, 29 Maart 1803 – † Durban, 20 September 1865). Hy was 'n vroeë Engelse reisiger in die gebied en in 1824 een van die eerste blanke setlaars in Natal. Hier word hy 'n sakeman en staatsamptenaar en ontwikkel tot 'n kenner van die Zoeloe-kultuur.

Verwysings

  1. "Subplek Fynnland". Sensus 2011.

Bibliografie

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.