Fundamentele navorsing

Fundamentele navorsing (ook bekend as suiwer navorsing of basiese navorsing) het die doel om wetenskaplike teorieë te verbeter vir beter begrip of voorspelling van natuurlike of ander verskynsels.[1] Toegepaste navorsing gebruik op sy beurt wetenskaplike teorieë om tegnologie of tegnieke te ontwikkel om natuurlike verskynsels te verander. Alhoewel dit dikwels deur nuuskierigheid gedryf word, dryf basiese navorsing toegepaste wetenskap se innovasies. Die twee doelwitte word dikwels gekoördineer in navorsing en ontwikkeling.

Sien ook

Verwysings

  1. Wat is basiese navorsing? (Engels). Nasionale Wetenskapstigting. URL besoek op 12 Julie 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.