Fullarton
Fullarton is ‘n afgeleë spoorweghalte in die Dr Beyers Naudé Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap.
Hierdie nedersetting met ‘n enkele winkel lê aan die R337-grondpad wat noordwaarts uitdraai uit die R329-sementpad tussen Willowmore en Steytlerville. Dit is wes van die Timbila-natuurreservaat, by die koördinate 33°10′36″S 23°49′59.8″O en lê 601 meter bo seespieël.
Twee staalbrûe oor die Grootrivier neem die spoorlyn van hier ooswaarts na Miller en Klipplaat.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.