Fugu
Fugu (河豚 of 鰒; フグ?, letterlik vertaal as "rivier-vark") is die Japanse naam vir Blaasoppe, Tobies en Blaasvisse en vir 'n fynproewers gereg wat daarmee voorberei word. Die sjefs in Japan word spesiaal opgelei om die gereg te kan voorberei; hulle moet leer hoe om seker te maak dat daar geen gif in die vleis agterbly nie. Slegs restaurante wat oor die sjefs beskik mag Fugu verkoop. Desondanks sterf daar nogtans 'n paar mense as gevolg van die gif van die visse per jaar in Japan.[1]
![](../I/Fugu_in_Tank.jpg.webp)
Fugu in 'n tenk.
Verwysings
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Eksterne skakels
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Takifugu rubripes. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.