Friedrich Kasimir Medikus
Friedrich Kasimir Medikus (of Friedrich Casimir Medicus; 6 Januarie 1738 – 8 Julie 1808) was 'n Duitse dokter en plantkundige.
Hy is in Grumbach gebore, en het later die direkteur van die Universiteit van Mannheim (Theodoro Palatinae Mannheim) en kurator van die botaniese tuin in Mannheim geword. Hy het die verbouing van sprinkaanbome (Robinia) in Europa aangemoedig. Die genus "Medicusia" is na hom vernoem deur Conrad Moench (dit word nou as 'n sinoniem van "Picris" beskou).
Die standaardskrywerafkorting Medik. word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.