Frederik VIII van Denemarke
Frederik VIII (3 Junie 1843 – 14 Mei 1912) was van 1906 tot 1912 koning van Denemarke.
Frederik VIII | |
---|---|
Koning van Denemarke | |
Periode | 29 Januarie 1906 – 14 Mei 1912 |
Voorganger | Christiaan IX |
Opvolger | Christiaan X |
Huis | Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg |
Vrou | Prinses Louise van Swede |
Kinders | Christiaan X van Denemarke Haakon VII van Noorweë Prinses Louise Prins Harald Prinses Ingeborg Prinses Thyra Prins Gustav Prinses Dagmar |
Vader | Christiaan IX |
Moeder | Louise van Hesse-Kassel |
Gebore | 3 Junie 1843, Kopenhagen |
Oorlede | 14 Mei 1912, Hamburg |
Biografie
Frederik is in Kopenhagen gebore as die oudste seun van Christiaan IX en sy vrou, Louise van Hesse-Kassel. As kroonprins het hy aan die oorlog van 1864 teen Oostenryk en Pruise deelgeneem en sy pa daarna met sy ampspligte gehelp. Hy het met Christiaan se dood in Januarie 1906 koning geword.
Hy was in talle opsigte ’n liberale heerser wat die nuwe parlementêre stelsel meer as sy pa gesteun het. Omdat hy op so ’n hoë ouderdom koning geword het, het hy net ’n paar jaar gehad om homself te bewys aangesien hy teen dié tyd siek was.
Op sy terugreis van ’n besoek in 1912 aan Frankryk het koning Frederik Hamburg aangedoen. Die aand van sy aankoms het hy gaan stap, inmekaargesak en gesterf.
Die koningsgesinne van Denemarke, Noorweë, België en Luxemburg is afstammelinge van hom.
Kinders
Koning Frederik en sy vrou het vier seuns en vier dogters gehad:
- Koning Christiaan X van Denemarke (1870–1947)
- Koning Haakon VII van Noorweë (1872–1957)
- Prinses Louise van Denemarke (1875–1906)
- Prins Harald van Denemarke (1876–1949)
- Prinses Ingeborg van Denemarke (1878–1958)
- Prinses Thyra van Denemarke (1880–1945)
- Prins Gustav van Denemarke (1887–1944)
- Prinses Dagmar van Denemarke (1890–1961)
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Frederick VIII of Denmark
Eksterne skakels
- Koningshuis van Denemarke Geargiveer 23 Maart 2008 op Wayback Machine
- Koningshuis van Swede Geargiveer 26 Maart 2009 op Wayback Machine