Fraport

Fraport AG (afgelei van Frankfurt Airport, volledige naam: Fraport AG Frankfurt Airport Services Worldwide) is die beheermaatskappy van die lughawe van Frankfurt am Main, die grootste in Duitsland. Die aandelemaatskappy, wat merendeels in staatsbesit is, het ook belange in ander Duitse en buitelandse lughawens.

Fraport AG


Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1947
Hoofkantoor Frankfurt am Main, Duitsland
SleutelpersoneStefan Schulte (voorsitter, hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieLughawens, lugvervoer
ProdukteDiensverskaffing
DiensteBeheer van lughawens
Inkomste2,442 miljard € (2012)
Webwerfhttp://www.fraport.de

Fraport AG se aandele word in die Duitse MDAX-aandelemark-indeks gelys. Die grootste aandeelhouers is die deelstaat Hesse (31,94 persent), die stad Frankfurt am Main (20,40 persent) en die Federale Republiek van Duitsland (18,27 persent)

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.