Franse koloniale ryk

Die term Franse koloniale ryk (Frans: Empire colonial français) verwys na die oorsese gebiede wat veral vanaf die 17de eeu tot in die laat 1960's onder die Franse bewind was. In die 19de en 20ste eeu was Frankryk se koloniale ryk die tweede grootste ter wêreld wat net deur die Britse Ryk oortref is.

Die ontwikkeling van Frankryk se koloniale ryk tussen 1550 en 2007
Empire colonial français
Franse koloniale Ryk

Flag
1534-1980

Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Montjoye Saint Denis!
Ligging of Franse koloniale Ryk
Ligging of Franse koloniale Ryk
Gebiede van die wêreld wat op een keer deel van die Franse koloniale Ryk was.
Hoofstad Parys
48°51′N 2°21′W
Taal/Tale Frans
Godsdiens Rooms-Katolieke Kerk
Regering Monargie
Monarg
 - 1643–1715 Lodewyk XIV van Frankryk
 - 1774–1792 Lodewyk XVI van Frankryk
 - 1848–1870 Napoleon III van Frankryk
Wetgewer Franse Parlement
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Honderdjarige Oorlog13371453
 - Begin van die kolonisering van Kanada (begin van die eerste koloniale era)24 Julie 1534
 - Afskaffing van slawerny in die Franse kolonies4 Februarie 1794
 - Verkoop van Frans-Louisiana aan die Verenigde State (einde van die eerste koloniale era)30 April 1803
 - Verowering van Algiers en kolonisasie van Algerië (begin van die tweede koloniale era) 5 Julie 1830
 - Vervanging van die Franse koloniale ryk deur die Franse Unie en die Franse oorsese gebiede (einde van die tweede koloniale era)27 Oktober 1946
 - Vervanging van die Franse Unie deur die Franse Gemeenskap4 Oktober 1958
 - Onafhanklikheid van Vanuatu30 Julie 1980
Oppervlakte
 - 193924 000 000 km2
9 266 452 sq mi
Bevolking
 - 1939 skatting150 000 000 
     Digtheid6,3 /km² 
16,2 /sq mi
Geldeenheid Louis d'or, napoléon, franc

Op sy hoogtepunt in die 1920's en 1930's het die Franse koloniale ryk oor 13 000 000 km² gestrek. As die metropolitaanse Frankryk ingereken word, was destyds 'n gebied met 13 500 000 km² onder Franse bewind - byna 'n tiende van die wêreld se totale landoppervlakte. Sy invloed het van Frans een van die mees gesproke koloniale Europese tale gemaak, naas Engels, Spaans en Portugees.

Nadat Spanje en Portugal gedurende die Tydperk van Ontdekkings groot sukses met die kolonisasie van oorsese gebiede behaal het, het ook Frankryk, wat in 'n wedloop met Groot-Brittanje as tweede koloniale groot moondheid gewikkel was, begin om kolonies in Noord-Amerika, die Karibiese Seegebied en Indië te vestig. Nadat Frankryk gedurende die 18de en vroeë 19de eeu 'n reeks oorloë teen die Britte gevoer het wat almal met militêre nederlae geëindig het, het die Franse hul koloniale ambisisies in die betrokke wêreldstreke laat vaar. Sommige geskiedkundiges verwys na hierdie tydperk as die einde van die "eerste" Franse koloniale ryk.

In die 19de eeu het Frankryk 'n nuwe koloniale ryk in Afrika en Suidoos-Asië gevestig. Die verowering van gebiede in Afrika is in hierdie periode as morele veldtog versluier. So het Jules Ferry in 1886 verklaar dat "die hoër rasse 'n reg oor die laer rasse [het], hulle het 'n plig om die minderwaardige rasse beskaaf te maak." Volle burgerregte - sogenaamde assimilation of aanpassing by die Europeërs - is in vooruitsig gestel, alhoewel hierdie aanpassing in werklikheid nouliks plaasgevind het en koloniale bevolking eerder as onderdane behandel is - en nie as burgers nie.

Ná die Eerste en veral ná die Tweede Wêreldoorlog het anti-koloniale bewegings die Franse bewind begin uitdaag. Frankryk het in bloedige oorloë in Viëtnam en Algerië geveg om sy koloniale ryk te bewaar. Aan die einde van die 1960's het baie reeds hul onafhanklikheid van Frankryk verkry, alhoewel sommige gebiede - veral eilande en argipels - as oorsese départements en afhanklike gebiede by Frankryk ingesluit is. Hierdie gebiede verteenwoordig met 'n totale oppervlakte van 123 150 km² slegs sowat een persent van die koloniale ryk voor 1939, met 'n bevolking van 2 685 705 in 2011. Hulle het almal volle politieke verteenwoordiging op nasionale vlak, net soos wisselende grade van wetgewende bevoegdhede.


Voormalige Franse kolonies, protektorate en besittings
Alaouites | Alexandretta | Algerië | Anjouan | Djiboeti | Frans-Antarktika | Frans-Ekwatoraail-Afrika (Tsjad, Gaboen, Middel Kongo, Oubangui-Chari) | Frans-Indië (Chandernagore, Coromandel Kus, Malabar, Mahe, Pondichery, Karikal, Yanaon) | Frans-Indosjina (Annam, Cochinsjina, Kambodja, Laos, Tonkin) | Frans Togoland | Frans-Wes-Afrika (Ivoorkus, Dahomey, Frans-Soedan, Guinee, Mauritanië, Niger, Senegal, Bo-Volta) | Inini | Kwang-Chou-Wan | Madagaskar | Nieu-Frankryk (Akadië, Louisiana, Québec, Terre Neuve) | Sint-Domingue | Tunisië | Vanuatu
Franse kolonisasie van die Amerikas



Koloniale ryke

Vlag van Verenigde State van Amerika Amerikaans   Vlag van Australië Australies   Vlag van België Belgies   Vlag van Verenigde Koninkryk Brits   Vlag van Denemarke Deens   Vlag van Duitse Keiserryk Duits   Vlag van Engeland Engels   Vlag van Frankryk Frans   Vlag van Oostenryk-Hongarye Habsburgs   Vlag van Italië Italiaans   Vlag van Japannese Keiserryk Japannees   Koers   Vlag van Nederland Nederlands   Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seelands   Vlag van Noorweë Noors   Vlag van Ottomaanse Ryk Ottomaans   Vlag van Portugal Portugees   Vlag van Rusland Russies   Vlag van Spanje Spaans   Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaans   Sweeds

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.