Frank Bolus
Frank Bolus (1870 - 1945) was 'n ywerige plantversamelaar en illustreerder. Hy was die seun van die plantkundige, Harry Bolus en getroud met die plantkundige Louisa Bolus. Hy is gebore in Graaf-Reinet as die jongste seun van Harry Bolus. Hy het onder andere plant versamel in Mafeking tydens die beleg in 1899. Hy het ook plante versamel by Aliwal-Noord waar hy gewoon het in 1903. In 1904 het hy sy vader vergesel op 'n ekspedisie in die Swartberge. Hy het in 1912 met Louisa Kensit getrou. Hy het 'n suster, Ethel, en 'n broer Herman gehad.
Frank Bolus | |
---|---|
Gebore | 1870 |
Sterf | 1945 |
Beroep | plantkundige |
Die standaard skrywerafkorting F.Bolus word gebruik om Frank Bolus as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam vermeld word.
Bron
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.