Franja du Plessis
Franja du Plessis (* 2 Januarie 1994, Windhoek) is 'n Namibiese sangeres. Sy was in 2013 in die film As jy sing as Marna te sien. Haar debuutalbum, My verhaal, verskyn in 2016 en behaal platinumstatus.[1] Sy is die dogter van die sangeres Juanita du Plessis en die suster van die sanger Ruan Josh.
Franja du Plessis | |
---|---|
Gebore | 2 Januarie 1994 Windhoek, Namibië |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 2016 – nou |
Etikette | Juanita Records |
Jeug
Sy matrikuleer aan Hoërskool Die Wilgers in Pretoria.[2]
Diskografie
- 2016: My Verhaal
- 2018: Hittegolf
- 2022: Los Jou Hart
Filmografie
Verwysings
- Fockema, Marisa (5 Januarie 2017). Gewilde Afrikaanse sangeres verlief en verloof. Huisgenoot.
- Franja du Plessis en haar Willie - jonk en verlief!. Sarie (17 April 2015).
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.