Francisco de Zurbarán
Francisco de Zurbarán (Spaanse uitspraak: fɾanˈθis.ko ðe θuɾ.βaˈɾan; gedoop op 7 November 1598 – 27 Augustus, 1664[3]) was 'n Spaanse skilder. Hy is veral bekend vir sy godsdienstige skilderye wat monnike, nonne en martelare uitbeeld en vir sy stillewes. Zurbarán het die bynaam die "Spaanse Caravaggio" verkry vanweë sy kragtige gebruik van chiaroscuro, welke tegniek hy uiters bedrewe in was.
Francisco Zurbarán | |
---|---|
Gebore | Francisco de Zurbarán Gedoop 7 November 1598 Fuente de Cantos, Badajoz, Extremadura, Spanje |
Sterf | 27 Augustus 1664 (op 65) Madrid, Spanje |
Beweging | Barok Caravaggisti |
Biografie
Zurbarán is in 1598 in Fuente de Cantos, Extremadura gebore; hy is gedoop op 7 November van daardie jaar.[4][5][6] Sy ouers was Luis de Zurbarán, 'n winkelier, en sy vrou Isabel Márquez.[5][6] Tydens sy kinderjare het hy voorwerpe nageboots met houtskool. In 1614 stuur sy vader hom na Sevilla om vir drie jaar onder Pedro Díaz de Villanueva, 'n kunstenaar van wie min bekend is, te dien as vakleerling.[7]
Zurbarán se eerste troue in 1617 was aan María Paet, wat nege jaar ouer was. María sterf in 1624 na die geboorte van hul derde kind. In 1625 trou hy weer, met die welgestelde weduwee Beatriz de Morales. Op 17 Januarie 1626 teken Zurbarán 'n kontrak met die Dominikaanse klooster San Pablo el Real in Sevilla. Hierin stem hy toe om binne agt maande 21 skilderye te produseer.[8] Veertien van die skilderye het die lewe van Sint Dominic uitgebeeld; die ander het Sint Bonaventura, Sint Thomas Aquinas, Sint Dominic, en die vier Doktors van die Kerk uitgebeeld.[9] Hierdie opdrag vestig Zurbarán se reputasie as skilder. Op 29 Augustus 1628 kry Zurbarán opdrag vanaf die Mercedariërs van Sevilla om 22 skilderye te skilder vir hul klooster. In 1629 nooi die ouderlinge van Sevilla vir Zurbarán uit om op permanente grondslag na die stad te verhuis aangesien sy skilderye so hoog in aanvraag was en hy die aansien van Sevilla sou verhoog. Hy aanvaar die uitnodiging en verhuis na Sevilla saam met sy vrou Beatriz de Morales, die drie kinders uit sy eerste huwelik, 'n familielid genaamd Isabel de Zurbarán, en agt bediendes. In Mei 1639 sterf sy tweede vrou.
Rondom 1630 word hy aangestel as skilder tot Philip IV. Daar word beweer dat die koning tydens een geleentheid sy hand op die skilder se skouers gelê het en gesê het; "Skilder van die koning, koning van skilders". Na 1640 raak sy streng en sobere styl egter in onguns, gemeet aan die sentimentele godsdienstigheid van Murillo, en gaan Zurbarán se reputasie agteruit. Beginnende in die laat 1630's het Zurbarán se werkswinkel verskeie skilderye vir uitvoer na Suid-Amerika geproduseer.[3]
Op 7 Februarie 1644 trou Zurbarán vir 'n derde keer met 'n verdere ryk weduwee, Leonor de Torder. Dit is slegs in 1658, relatief laat in Zurbarán se lewe, dat hy na Madrid verhuis, op soek na werke en hernieude kontak met Velázquez.[3] Volgens 'n populêre mite sterf Zurbarán in armoede en broodgebrek, maar ten tyde van sy afsterwe was die waarde van sy boedel 20,000 reales.[10]
Styl
Dit is onbekend of Zurbarán die geleentheid gehad het om die skilderye van Caravaggio te aanskou, maar sy werk toon ook die gebruik van chiaroscuro en dramatiese beligting. Die skilder wat volgens sommige kunshistorici die grootste invloed op sy kenmerkende ernstige komposisies gehad het was Juan Sánchez Cotán. [11] Veelkleurige beeldhouwerk - wat teen die tyd van Zurbarán se vakleerlingskap 'n vlak van verfyndheid in Sevilla bereik het wat die plaaslike skilders oortref het - het 'n verdere belangrike stylmodel aan die jong kunstenaar verskaf; die werk van Juan Martínez Montañés is veral soortgelyk aan Zurbarán se werk. [11]
Zurbarán het sy figure direk uit die natuur geskilder en baie van die leke-figuur gebruik gemaak in die studie van gordyne, waarin hy besonder vaardig was. Hy het 'n spesiale talent vir die skilder van wit gordyne gehad; gevolglik is die huise van die wit geklede Kartuisers volop in sy skilderye. Daar word gesê dat Zurbarán regdeur sy loopbaan met hierdie rigiede metodes volgehou het. Sy onderwerpe was meestal ernstige en asketiese godsdienstige figure, met die gees wat die vlees in onderdanigheid druk, en die komposisies wat dikwels tot 'n enkele figuur verminder word. Die styl is meer terughoudend as die van Caravaggio, en die kleur neig dikwels na 'n blou skakering. Uitsonderlike effekte word verkry deur die presies afgewerkte voorgronde, wat grootliks in lig en skaduwee uitgebrei word. Die agtergronde is dikwels donker. [12]
Zurbaran se laat werke soos die Sint Francis (c. 1658–1664; Alte Pinakothek) toon die invloed van Murillo en Titiaan in die werke se sagter kontraste.[13]
Galery
- Santo Domingo en Soriano, 1626, Santa María Magdalena, Sevilla.[14]
- Saint Serapion, 1628, Wadsworth Atheneum
- Visión de San Pedro Nolasco, 1629, Museo del Prado
- Immaculate Conception, 1630, Museo del Prado
- The Death of St. Bonaventure (The Body of St. Bonaventure in the Presence of Pope Gregorius X and James I of Aragon), 1629–1630, Louvre
- Die Jong Maagd, 1630, Metropolitan Museum of Art
- Saint Margaret of Antioch, 1631 Nasionale Galery
- The Defence of Cádiz against the English, 1634, Museo del Prado
- A Doctor of Law, 1635, Isabella Stewart Gardner Museum
- Saint Elizabeth of Portugal, c. 1635, Museo del Prado
- Saint Luke as a Painter before Christ on the Cross, c. 1635–1640, Museo del Prado
- The Annunciation, 1637–1639, Museum van Grenoble, Frankryk
- Saint Rufina, c. 1635–1640, Museo del Prado
- The Adoration of the Shepherds, 1638, Museum van Grenoble
- Saint Francis in Meditation, 1639, Nasionale Galery
- Christ and the Virgin in the House at Nazareth,
c. 1631–1640,
Cleveland Museum of Art - The Holy Family, 1659, Szépmûvészeti Múzeum
- Christ, recovering clothing after flagellation c. 1661, Jadraque, Spanje
- Sint Francis, c. 1658–1664, Alte Pinakothek
- Francisco de Zurbarán, The Martyrdom of Saint Sebastian, MNHA Luxembourg
Verwysings
Aanhalings
- Bussagli & Reiche 2009, p. 95.
- Pérez 2004, p. 147.
- Ressort & Jordan 2003.
- Harris 2005, p. 208.
- Gállego & Gudiol 1977, p. 135.
- Baticle 1987, p. 53.
- Gállego & Gudiol 1987, p. 13.
- Gállego & Gudiol 1987, p. 16.
- Gállego & Gudiol 1987, p. 73.
- Goodwin 2015, p. 474.
- Gállego & Gudiol 1987, p. 15.
- Gállego & Gudiol 1987, pp. 60–61.
- Gállego & Gudiol 1987, pp. 20, 67.
- "Santo Domingo in Soriano". artehistoria.com (in Spaans). 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 20 Januarie 2020.
- "Zurbarán paintings : Art and exhibitions at Auckland Castle". The Auckland Project. Besoek op 20 Januarie 2020.
- "Exposición – Zurbarán. A New Perspective". Museo Nacional Thyssen-Bornemisza. Besoek op 20 Januarie 2020.
- "Hercules as a Symbol of the Spanish Monarchy". Splendor, Myth, and Vision: Nudes from the Prado. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2017. Besoek op 20 Januarie 2020.
Bronne
- Baticle, Jeannine (1987). "Francisco de Zurbaran: A Chronological Review". In Baticle, Jeannine (red.). Zurbaran. Metropolitan Museum of Art.
- Bussagli, Marco; Reiche, Mattia (2009). Baroque & Rococo. New York and Lonon: Sterling. ISBN 978-1-4027-5925-3.
- Gállego, Julián; Gudiol, José (1977). Zurbarán, 1598-1664. Secker & Warburg.
- Gállego, Julián; Gudiol, José (1987). Zurbará. London: Alpine Fine Arts Collection, Ltd. ISBN 0-88168-115-6.
- Gilbert, Creighton (Desember 1987). "Zurbarán, for the most part". The New Criterion.
- Goodwin, Robert (2015). Spain: The Centre of the World 1519–1682. Bloomsbury. ISBN 978-1-4088-4357-4.
- Harris, Ann Sutherland (2005). Seventeenth-century Art and Architecture. Laurence King. ISBN 978-1-85669-415-5.
- Mallory, Nina A. (1990). El Greco to Murillo: Spanish Painting in the Golden Age, 1556-1700. Harper & Row. ISBN 978-0-06-435531-5.
- Pérez, Javier Portús (2004). The Spanish Portrait: From El Greco to Picasso. Museo Nacional del Prado. ISBN 978-1-85759-374-7.
- Ressort, Claudie; Jordan, William B. (2003), "Zurbarán, de family", Grove Art Online, doi:10.1093/gao/9781884446054.article.T093699
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Francisco de Zurbarán. |
- Zurbarán, an exhibition catalog from The Metropolitan Museum of Art (fully available online as PDF)