Frances McDormand
Frances Louise McDormand (gebore 23 Junie 1957) is ’n Amerikaanse aktrise. Sy is een van min wat die "driedubbele kroon" van toneelspel gewen het: ’n Oscar vir die swartkomediefliek Fargo (1996), ’n Tony vir die Broadway-toneelstuk Good People (2011) en ’n Primetime Emmy vir die TV-minireeks Olive Kitteridge (2014). McDormand het ook op die 75ste Golden Globe-toekenningsaand ’n prys gewen vir beste aktrise, vir haar rol in die rolprentdrama Three Billboards Outside Ebbing, Missouri (2017).
Frances McDormand | |
![]() | |
McDormand in 2015. | |
Geboortenaam | Frances Louise McDormand |
---|---|
Geboorte | 23 Junie 1957 Chicago, Illinois, VSA |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Aktiewe jare | 1984–tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Loopbaan
McDormand se eerste rol was in die toneelstuk Trinidad and Tobago. Sy is sedert 1984 met die rolprentvervaardiger Joel Coen getroud en het in 1984 haar rolprentdebuut in die Coen-broers se eerste prent, Blood Simple, gemaak. Daarna het sy in nog verskeie van die broers se prente gespeel, soos Raising Arizona (1987), Fargo (1996), The Man Who Wasn't There (2001), Burn After Reading (2008) en Hail, Caesar! (2016). Sy is al drie keer vir ’n Oscar vir beste byspeelster benoem: vir haar rolle in Mississippi Burning (1988), Almost Famous (2000) en North Country (2005).
Ander noemenswaardige prente sluit in Short Cuts (1993), Primal Fear (1996), Wonder Boys (2000), Something's Gotta Give (2003), Moonrise Kingdom (2012) en The Good Dinosaur (2015).
McDormand het in 1984 ook haar Broadway-debuut in ’n heropvoering van Awake and Sing gemaak en ’n Tony-benoeming gekry vir haar vertolking van Stella Kowalski in die 1988-heropvoering van A Streetcar Named Desire. Sy het in 2008 ná ’n afwesigheid van 20 jaar na Broadway teruggekeer in ’n heropvoering van The Country Girl; sy is daarvoor benoem vir ’n Drama Desk-prys vir uitmuntende aktrise.
Pryse en benoemings
Van Frances McDormand se belangrikste pryse en benoemings is:
Oscars
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1989 | Mississippi Burning | Beste byspeelster | Benoem |
1997 | Fargo | Beste aktrise | Gewen |
2001 | Almost Famous | Beste byspeelster | Benoem |
2006 | North Country | Benoem |
Baftas
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1997 | Fargo | Beste aktrise in ’n hoofrol | Benoem |
2001 | Almost Famous | Beste byspeelster | Benoem |
2006 | North Country | Benoem | |
2018 | Three Billboards Outside Ebbing, Missouri | Beste aktrise in ’n hoofrol | In afwagting |
Golden Globes
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1993 | Short Cuts | Span | Gewen |
1997 | Fargo | Beste aktrise in ’n komedie of musiekspel | Benoem |
2001 | Almost Famous | Beste byspeelster in ’n rolprent | Benoem |
2006 | North Country | Benoem | |
2009 | Burn After Reading | Beste aktrise in ’n komedie of musiekspel | Benoem |
2015 | Olive Kitteridge | Beste aktrise in ’n minireeks of TV-prent | Benoem |
Beste minireeks of TV-prent | Benoem | ||
2018 | Three Billboards Outside Ebbing, Missouri | Beste aktrise in ’n drama | Gewen |
Primetime Emmys
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1997 | Hidden in America | Uitmuntende byspeelster in ’n minireeks of rolprent | Benoem |
2015 | Olive Kitteridge | Uitmuntende hoofspeelster in ’n beperkte reeks of rolprent | Gewen |
Uitmuntende beperkte reeks | Gewen |
Screen Actors Guild Awards
Jaar | Werk | Kategorie | Uitslag |
---|---|---|---|
1997 | Fargo | Uitmuntende spel deur ’n aktrise in ’n hoofrol | Gewen |
2001 | Almost Famous | Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent | Benoem |
Uitmuntende spel deur ’n aktrise in ’n byrol | Benoem | ||
2006 | North Country | Benoem | |
2015 | Olive Kitteridge | Uitmuntende rol deur ’n aktrise in ’n minireeks of TV-prent | Gewen |
2018 | Three Billboards Outside Ebbing, Missouri | Uitmuntende spel deur ’n span in ’n rolprent | In afwagting |
Uitmuntende spel deur ’n aktrise in ’n hoofrol | In afwagting |
Eksterne skakels
- Frances McDormand in die Internet-rolprentdatabasis
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frances McDormand.