Frédéric Mistral
Frédéric Mistral (8 September 1830 – 25 Maart 1914) was 'n Franse digter. Hy was die leier van die 19de eeuse herlewing van Oksitaans, 'n taal van die gebied. In 1904 deel hy die Nobelprys vir Letterkunde met José Echegaray y Eizaguirre vir sy bydrae tot die letterkunde en filologie.[1]
Frédéric Mistral | |
---|---|
Gebore | 8 September 1830 Maillane, Frankryk |
Sterf | 25 Maart 1914 Maillane, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | digter |
Kort biografie
Frédéric Mistral is gebore in Maillane, in die Bouches-du-Rhône département van Frankryk. Hy studeer in die regte aan die Universiteit van Aix-en-Provence en, welaf genoeg om nie te hoef te werk nie, spandeer sy lewe daaraan om Oksitaans weer op die been te bring. Hy ontwikkel byvoorbeeld 'n woordeboek in Oksitaans, en stig 'n etnografiese museum in Arles. Hy sterf ook in Maillane.
Verwysings
- "The Nobel Prize in Literature 1904" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Augustus 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frédéric Mistral.
- Frédéric Mistral.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.