Fosfaat

Fosfaat (PO43-) is die vorm waarin fosfor die meeste in verbindings voorkom. Fosfate is suurreste van fosforsuur (H3PO4). Die meeste fosfate los nie maklik in water op nie, en kan daarom maklik uit 'n oplossing met 'n neerslagreaksie verwyder word.

Eienskappe

Algemeen

NaamFosfaat  
 
Termochemiese radius2,30 Å [1] 
206,8 [Scm2/mol][2]
Lys van anione

Fosfate is belangrike misstowwe. Hulle word hoofsaaklik as apatiet gemyn. Hidroksielapatiet is 'n biologies belangrike stof. Dit is byvoorbeeld deel van ons tande.

Die fosfaatioon is 'n sterk basis. In water vorm dit maklik die waterstoffosfaatioon HPO2−4

HPO2−4 + H2O H3O+ + PO3−4 Ka3= 3,98×10−13 [pKa3 = 12,37]


Sien ook

Verwysings

  1. Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
  2. aqion.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.