Formiaat
'n Formiaat[3] (van Latyn: formica mier) is 'n sout wat die organiese anioon HCOO- of 'n ester wat die HCOO-group bevat. Die anioon is die suurres van mieresuur.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Formiaat |
IUSTC-naam | Metanoaat |
Chemiese formule | HCO−2 |
Termochemiese radius | 2,00(19) Å [1] |
54,6 [Scm2/mol][2] | |
1,454 10-9 [m2/s][2] | |
Lys van anione |
Formiate is goed oplosbaar is waterige oplossing en die oplossing het basiese eienskappe deur die suur-basisewewig:
Korrosie
Formiate van koper speel 'n rol by die korrosie van koper en brons en vorm 'n deel van die patina van die Vryheidstandbeeld in New York. Die neutrale formiate is vry oplosbaar, maar nie die basiese formiaathidroksied-verbindings soos Cu(HCOO)OH nie. Besoedeling van die lug met formaldehied en mieresuur is in 'n museum nie 'n seldsaamheid nie.[4]
Sien ook
Verwysings
- Thermochemical Radii of Complex Ions Helen K. Roobottom, H. Donald B. Jenkins, Jack Passmore, Leslie Glasser Journal of Chemical Education 76(11) 1999, bls. 1570
- aqion.
- In Afrikaans is dit formiaat, nie formaat soos in Engels nie, sien: "Tyskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 6 (4) 1987". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Januarie 2016.
- David A. Scott Copper and Bronze in Art: Corrosion, Colorants, Conservation, 2002, ISBN 0-89236-638-9
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.