Ford Mustang
Die Ford Mustang is 'n gewilde motorkar wat oorspronklik gebaseer is op die Ford Falcon. Die eerste produksie Ford Mustang, 'n wit afslaankap met swart bekleedsel, het van die produksielyn afgerol op 9 Maart 1964 en was later aan die Amerikaanse publiek bekend gestel as 'n "1964 1/2"-model, beide op die New York World's Fair op 17 April 1964 en op al drie Amerikaanse televisienetwerke op 19 April van daardie jaar deur die Ford Motormaatskappy (Engels: Ford Motor Company). Dit was die suksesvolste produkbekendstelling in die geskiedenis van die motorkar, en het amper pandemonium veroorsaak by al die Ford-handelaars dwarsoor Noord-Amerika.
Toekennings
Dit is aanvanklik deur Ford se produksiebestuurder Lee Iacocca ontwikkel as 'n tweesitplekmotor en later as 'n viersitplekmotor. Die ontwerp is gedoen deur David Ash en Joseph Oros in Ford se Lincoln-Mercury afdeling se ontwerp-ateljees (hulle het die ontwerpkompetisie gewen in ’n kompetisie georganiseer deur Iacocca). Die basismodel Mustang, met 78 kW (105 perdekrag), 2.8l (170 duim³) sessilinderenjin en driespoedratkas se verkoopsprys was VS$ 2 368. Die Mustang het 'n aantal motorindustrietoekennings ontvang reeds in die eerste jaar, insluitende "Motor Trend Motor van die jaar", pasaangeemotor vir die 1964 Indianapolis 500 en die Tiffany ontwerptoekenning vir "uitstekende ontwerp," – die eerste motor wat so vereer is.
Verwysings
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
.
- 2005 Mustang draws inspiration from the 60's van die CanadianDriver Communications, Inc. (2004). Laaste besoek op 11 Januarie 2004.
- Mustang 1965-73 Repair & Tune-Up Guide, Chilton Book Company, Radnor, Pennsylvania.
Eksterne skakels
- Ford Motormaatskappy
- Henry Ford-museum
- Mustang Klub van Amerika
- Saleen Mustang conversions
- Yellow Mustang Registry
- 1969 Ford Mustang inligting
- Classic Ford Mustangs
- Ford Mustang op Facebook
- Ford Mustang op Twitter
- Ford Mustang Ondersteuners amptelike webwerf