FlySafair
FlySafair is 'n laekosteredery gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Dit is 'n volfiliaal van Safair. Die maatskappy se slagspreuk is For The Love Of Flying.
| |||||||
Gestig | Augustus 2013 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 16 Oktober 2014[1] | ||||||
Hoofspille | |||||||
Vlootgrootte | 22 | ||||||
Bestemmings | 9 | ||||||
Houermaatskappy | Safair | ||||||
Hoofkantoor | Johannesburg, Suid-Afrika | ||||||
Sleutelpersone | HUB: Elmar Conradie | ||||||
Werknemers | 1 300 (Junie 2022)[2] | ||||||
Webwerf | flysafair |
Geskiedenis
Die lugredery is in Augustus 2013 gestig en is deur die Suid-Afrikaanse Lugdienslisensiëringsraad goedgekeur om bedrywighede met tien daaglikse dienste tussen Johannesburg se O.R. Tambo Internasionale Lughawe en die Kaapstad Internasionale Lughawe te begin.[3]
Die lugredery het planne gehad om in Oktober 2013 met bedrywighede te begin.[4] Die Hooggeregshof van Suid-Afrika het egter op 8 Oktober 2013 'n tussentydse hofbevel toegestaan wat die lugredery verhinder om bedrywighede te begin, na 'n aansoek deur mededingende lugrederye,[5] op grond daarvan dat dit nie aan die wetlike vereiste van 75% plaaslike eienaarskap voldoen het nie. Aansienlike herstrukturering van eienaarskap het plaasgevind en FlySafair se eerste vlug het uiteindelik op 16 Oktober 2014 opgestyg.[1]
Bestemmings
FlySafair bedien die volgende bestemmings:[6]
Land | Stad | Lughawe | Notas |
---|---|---|---|
Suid-Afrika | Bloemfontein | Bram Fischer Internasionale Lughawe | |
Kaapstad | Kaapstad Internasionale Lughawe | ||
Durban | Koning Shaka Internasionale Lughawe | ||
Oos-Londen | Koning Phalo Internasionale Lughawe[6] | ||
George | George-lughawe | ||
Gqeberha | Hoofman Dawid Stuurman Internasionale Lughawe | ||
Johannesburg | O.R. Tambo Internasionale Lughawe | ||
Lanseria Internasionale Lughawe | |||
Angola | Luanda | Quatro de Fevereiro Internasionale Lughawe | |
Botswana | Gaborone | Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe | |
Kenia | Nairobi | Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe | |
Mauritius | Port Louis | Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe | |
Mosambiek | Maputo | Maputo Internasionale Lughawe | |
Namibië | Windhoek | Hosea Kutako Internasionale Lughawe | |
Seychelle | Mahé | Seychelle Internasionale Lughawe | |
Zambië | Livingstone | Harry Mwanga Nkumbula Internasionale Lughawe | |
Lusaka | Kenneth Kaunda Internasionale Lughawe | ||
Zimbabwe | Bulawayo | Joshua Mqabuko Nkomo Internasionale Lughawe | |
Victoria Falls | Victoria Falls Lughawe |
Interlyn-ooreenkomste
FlySafair het interlyn-ooreenkomste met die volgende lugrederye:
- Air France
- KLM
- Qatar Airways
- Emirates
- Kenya Airways
- Ethiopian Airlines
- Proflight Zambia
Vloot
Teen Oktober 2022 bestaan die FlySafair-vloot uit die volgende Boeing-vliegtuie:[7]
Vliegtuig | Indiens | Bestellings | Passasiers | |||
---|---|---|---|---|---|---|
Boeing 737-400 | 5 | 0 | 165 | |||
Boeing 737-800[8] | 21 | 2 | 189 | |||
Totaal | 26 | 2 |
Dienste
Invlugdiens
FlySafair bied kos en drankies aanboord te koop aan. FlySafair bied ook 'n maandelikse tydskrif aan boord genaamd In Flight. Dit was ook die eerste lugredery in Suid-Afrika wat kaartbetalings aan boord hul vlugte gebied het.
Op hul Internasionale roete bied hulle 'n voorafverpakte ete gratis aan, met ander eet- en drinkopsies te koop.
Om higiëniese redes is die In Flight-tydskrif tans slegs in digitale formaat beskikbaar.
FlySafair Vakansies
FlySafair het hul vakansieprogram in Mei 2021 bekendgestel, saam met die plaaslike maatskappy Tripco om vlugte en akkommodasie te kombineer.
Verwysings
- Ensor, Linda (17 Oktober 2014). "FlySafair will bring needed competition". Business Day. Johannesburg. Besoek op 11 Januarie 2015.
- https://www.flysafair.co.za/
- Moores, Victoria (16 April 2014). "South African startup FlySafair secures license". Air Transport World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2014.
- "FlySafair - ch-aviation.com". Ch-aviation.ch. Besoek op 23 April 2014.
- "FlySafair grounded before first flight". Mg.co.za. 8 Oktober 2013. Besoek op 23 April 2014.
- "FlySafair - South Africa's True Low Cost Airline". www.FlySafair.co.za. Besoek op 21 Oktober 2017.
- "FlySafair Fleet Details and History". www.planespotters.net. Besoek op 23 Junie 2022.
- "FlySafair to operate flights to these 11 new destinations". Besoek op 12 Oktober 2022.