Fluitswaan

Die fluitswaan (Cygnus columbianus) is 'n Noord-Amerikaanse swaan wat in dele van Kanada, Alaska en ook Siberië voorkom. Sommige wetenskaplikes beskou hierdie swaan en die Bewick-swaan as dieselfde spesie, terwyl ander volhou dat die twee onderskeidelike spesies is.

Fluitswaan
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Galloanserae
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
C. columbianus
Binomiale naam
Cygnus columbianus
(Ord, 1815)

Fluitswane het 'n wit veredos, met 'n swart snawel. Klein geel vlekke kan by die basis van die snawel (voor die ) waargeneem word, maar dit is geensins so verspreid as by die singswaan en die Bewick-swaan nie. Ondanks sy naam, maak die fluitswaan nie werklik 'n fluitgeluid nie, maar uiter eerder hoë toetergeluide.

Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit waterplante en sagtedopskulpe, maar hulle sal ook die lê- en drywende korrels van hoenders en eende vreet.

Fluitswane is baie gebiedsgebonde, veral tydens die broeiseisoen tussen November en Januarie. Waar die meeste ander swane hul neste naby water bou, verkies fluitswane gewoonlik 'n droë area. Die nes word van gras, takkies, plante en plantwortels gebou. Die wyfie lê drie tot ses roomwiteiers wat na ongeveer 38 dae uitbroei. Die kuikens is self van drie tot vier jaar broeigereed.

Sien ook

Bronnelys

  • Hilko Insel, (2005): Eksotiese Watervoëls. LAPA Uitgewers, Pretoria. ISBN 0799334286
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.